Kostenlos

‘n Soeke van Helde

Text
Aus der Reihe: Die Towenaar Se Sirkel #1
0
Kritiken
Als gelesen kennzeichnen
Schriftart:Kleiner AaGrößer Aa

HOOFSTUK SES

Thor naêl oor die groot veld van die arena, met al die spoed waaroor hy beskik. Agter hom hoor hy die voetspore van die Koning se wagte, kort op sy hakke. Hulle jaag hom oor die warm en stowwerige landskap, vloekend. Voor hom uitgestrek is die lede—en die nuwe rekrute---van die Legioen, dosyne seuns, dieselfde as hy, maar ouer en sterker. Hulle word opgelei en getoets in verskeie formasies, party gooi spies, ander gooi dolke, terwyl ander werk aan hulle lanse se greep. Hulle mik na vêraf teikens, en gooi selde mis. Dit was sy kompetisie, en hulle vertoon indrukwekkend.

Tussen hulle was dosyne regte ridders, lede van die Silwer, staande in ‘n half-sirkel en hou die aksie dop. Beoordelend. Besluit wie mag bly en wie word huistoe gestuur.

Thor het geweet hy moet homself bewys, hy moet hierdie mans beïndruk. Binne minute sal die wagte by hom wees, en as hy enige kans staan om hulle te beïndruk, was dit nou. Maar hoe? Sy verstand maal terwyl hy oor die binnehof hardloop, vasbeslote om nie weggewys te word nie.

Terwyl Thor hardloop, begin ander notisie neem. Party van die rekrute stop waarmee hulle besig was en draai om, en so ook sommige van die ridders. Binne oomblikke voel Thor al die aandag is op hom gevestig. Hulle lyk verbaas, en hy besef hulle wonder wie hy was, naêlend oor hulle gronde met drie van die Koning se wagte in tou. Dit was nie hoe hy ‘n induk wou skep nie. Sy lêwe lank, waneer hy gedroom het om by die Legioen aan te sluit, het hy dit nie afgespeel soos dit nou gebeur nie. Soos Thor hardloop, wonder hy wat om te doen, en skielik word dit duidelik. Een groot seun, ‘n rekruut, besluit self dat hy die ander gaan beïndruk, deur vir Thor te stop. Lank, gespierd, en bykans twee keer so groot as Thor, lig hy sy hout swaard om Thor se weg te blokkeer. Thor kon sien dat hy vasbeslote was om hom neer te trek, om ‘n gek van hom te maak voor almal, en daardeuur vir homself ‘n voorsprong gee oor die ander rekrute.

Dit laat Thor woedend.Thor het nie ‘n appeltjie te skil met die seun nie, en dit was nie sy geveg nie. Maar hy maak dit sy geveg, net om voordeel daaruit te trek.

Soos hy nader kom, kon Thor skaars glo hoe groot die seun is: hy toring bokand hom, frons af na hom met lokke dik swart hare wat oor sy voorkop val, met die grootste, vierkantigste ken wat Thor nog ooit gesien het. Hy kon nie sien hoe hy iets aan die seun kon doen nie.

Die seun storm op hom af met sy hout sward, en Thor besef as hy nie vinnig optree nie, sal hy uitgeslaan word.

Thor se refleksies tree in. Hy reik instinktief na sy slinger, trek terug en gooi ‘n klip na die seun se hand. Dit was raak en slaan die sward uit die seun se hand, net toe die seun sy hand ondertoe bring. Dit vlieg en die seun, skreeuend, gryp sy hand.

Thor mors nie tyd nie. Hy storm, trek voordeel uit die situasie, spring deur die lug, en skop die seun, plant sy twee voete vierkantig op die seun se bors. Maar die seun was so dik, dit was soos om ‘n dik eike boom te skop. Die seun strompel skaars ‘n duim agtertoe, terwyl Thor val voor die seun se voete.

Dit het niks goeds voorspel nie, dink Thor, waneer hy die grond tref met ‘n knal, sy ore fluitend. Thor prober om tot sy voete te kom, maar die seun is vinniger as hy. Hy reik na onder, gryp Thor aan sy rug, en gooi hom vliëend, gesig eerste, in die grond.

‘n Groep seuns vergader vinnig in ‘n kring rondom hulle en juig. Thor word rooi, verneder.

Thor draai om op te kom, maar die seun is te vinnig. Hy was reeds bo-op hom, pen hom vas. Voor Thor homself kon kry was dit ‘n stoeigeveg, en die seun se gewig was ongelooflik.

Thor kon die gedempte roepe van die ander rekrute hoor terwyl hulle ‘n kring vorm, skreeuend, angstig om bloed te sien. Die seun se gesig is boosaardig bokant hom, hy reik uit met sy duime en bring dit nader aan Thor se oë. Thor kon dit nie glo nie---dit kom voor asof die seun hom regtig wil seermaak. Wou hy regtig so graag die voordeel hê?

Op die laaste sekonde, rol Thor sy kop uit die pad, en die seun se hande vlieg verby, in die grond in. Thor gebruik die kans om onder hom uit te rol. Thor kom tot sy voete, en kyk vir die seun wat ook orent gekom het. Die seun storm en swaai na Thor se gesig, en toe Thor sak op die laaste sekonde, vlieg die lug verby hom, en hy besef as dit raak was, sou dit sy kakebeen gebreek het. Thor reik op en slaan die seun in die maag, maar dit doen skaars iets; dit was soos om ‘n boom te slaan. Voor Thor kan reageer, slaan die seun hom met die elmboog in die gesig.

Thor struikel terug, duislig. Dit was soos om met ‘n hamer geslaan te word, en sy ore tuit.

Terwyl hy struikel, probeer om sy asem terug te kry, storm die seun weer en skop Thor hard teen die bors. Thor vlieg agteruit en stort neer op sy rug teen die grond. Die ander seuns is juigend.

Thor, duiselig, probeer sit, maar die seun storm weer, swaai, en slaan hom weer, hard in die gesig, slaan hom weer plat teen die grond--- die keer vir goed.

Thor lê daar, hoor die gedempte juiging van die ander, proe die soutterige smaak van bloed wat uit sy neus stroom, en die rif in sy gesig. Hy kreun van die pyn. Hy kyk op en sien die groot seun omdraai en terug stap na sy vriende, reeds besig om sy oorwinning te vier.

Thor wou opgee. Die seun was reusagtig, om teen hom te baklei was nutteloos, en hy kon nie meer straf verduur nie. Maar iets binne hom stu hom voort. Hy kon nie verloor nie. Nie voor al hierdie mense nie.

Moenie opgee nie. Staan op. Staan op!

Thor skraap van iewers die krag bymekaar. Kreunend, rol hy om, kom hande viervoet en dan stadig tot op sy voete. Hy kyk na die seun, bloeiend, sy oë toegeswel, kon skaars sien, asem blaas, en lig sy vuiste.

Die massiewe senn draai om en staar Thor aan. Hy skud sy kop in ongeloof.

“Jy moes bly lê het, seun!” dreig hy, en begin aanstap na Thor.

“GENOEG!” skree ‘n stem. “Elden, staan terug!”

‘n Ridder kom na vore, tussen hulle, hou sy hand omhoog en keer Elden om nader aan Thor te kom. Die skare raak stil, almal kyk na die ridder; duidelik was dit ‘n man wat respek afdwing.

Thor kyk op, met groot ontsag vir die ridder se teenwoordigheid. Hy was in sy twintigs, lank, met breë skouers, vierkantige ken, met bruin, goed versorgde hare. Thor het onmiddelik van hom gehou. Sy eerste-klas wapens, maliekolder van gepoleerde silwer, wat bedek is met die koninklike merking: die valk embleem van die MacGil familie. Thor se keel is droog: hy was voor ‘n lid van die koninklike familie. Hy kon dit skaars glo.

“Verduidelik jouself, seun,” sê hy aan Thor. “Waarom het jy ongenooid by ons arena ingestorm?”

Voor Thor kan antwoord, is die drie lede van die Konings se wagte deur die sirkel. Die leier van die wagte, staan voor, asem wat jaag, met ‘n vingerwysing na Thor.

“Hy het ons bevel verontagsaam!” skreeu die wag. “Ek gaan hom boei en na die Koning se kerker neem!”

“Ek het niks verkeerd gedoen nie!” protesteer Thor.

“Nie?” skreeu die wag weer. “Storm ongenooid by die Koning se eiendom in?”

“Al wat ek wou hê was ‘n kans!” skreeu Thor, draai om, pleitend na die ridder voor hom, die lid van die koninklike familie. “Ek wou net ‘n kans hê om by die Legioen aan te sluit!”

“Die opleidings gronde is net vir genooides, seun,” kom ‘n growwe stem.

In die kring in kom ‘n vegter ingestap, in sy vyftigs, groot en vors met ‘n kaal kop, kort baard, met ‘n letsel wat oor sy neus strek. Dit lyk of hy ‘n professionele soldaat was sy lêwe lank---en aan al die merkings op sy wapenuitrusting, die goue speld op sy bors, lyk hy soos ‘n bevelvoerder. Thor se hartklop versnêl terwyl hy vir hom kyk: ‘n generaal.

“Ek was nie genooi nie, my Heer,” sê Thor. “Dit is waar. Maar dit is my lêwens droom om hier te wees. Ek wil net ‘n kans hê om te wys wat ek kan doen. Ek is net so goed as die rekrute. Gee my net ‘n kans om dit te bewys. Asseblief. Om by die Legioen aan te sluit is al waaroor ek nog ooit gedroom het.”

“Die slagveld is nie vir dromers nie, seun,” kom die gowwe antwoord. “Dit is vir vegters. Daar is geen uitsonderings vir ons reëls nie: rekrute word gekies.”

Die generaal gee ‘n kopknik, en die Koning se wagte kom nader, die boeie uit.

Maar skielik tree die ridder, die lid van die koninklike familie, vorentoe, steek sy hand omhoog en blokkeer die wag.

“Miskien, per geleentheid, kan ‘n uitsondering gemaak word,” sê hy.

Die wag kyk na hom in konsternasie, duidelik wil hy iets sê, maar bly stil aangesien dit ‘n koninklike is.

“Ek bewonder jou waagmoed seun,” gaan die ridder voort. “Maar voor ons jou eenkant toe gooi, wil ek sien wat jy kan doen.”

“Maar Kendrick, ons het reëls---sê die general, duidelik ongelukkig.

“Die koninklike familie maak die reëls,” antwoord Kendrick streng, “en die Legioen doen verantwoording aan die koninklike familie.

“Ons doen verantwoording aan jou pa, die Koning—nie aan jou nie,” gaan die general voort, baie verontwaardig.

Dit was ‘n tweestryd, die lug gelaai met spanning. Thor kon nie glo wat hy begin het nie.

“Ek ken my pa, en ek weet wat hy sou wou hê. Hy sou die seun ‘n kans gegee het. En dit is wat ons gaan doen.”

Na ‘n paar intense oomblikke, gee die generaal toe.

Kendrick draai na Thor, sy oë, intens en bruin, die oë van ‘n prins en ‘n vegter sluit in Thor s’n.

“Ek sal jou ‘n kans gee’” sê hy vir Thor. “Laat ons sien of jy daardie teiken kan tref.”

Hy wys in die rigting van hooi wat anderkant die veld sigbaar is, daar is ‘n klein rooi merk in die middel. Etlike spiese is in die hooi, maar geeneen op die kolskoot nie.

 

“As jy kan doen wat niemand kon doen nie---as jy daardie kolskoot tref van hier af---dan mag jy by ons aansluit.”

Die ridder stap uit die pad en Thor voel almal se oë op hom.

Hy sien die rak met spiese en bekyk hulle aandagtig. Hulle was van ‘n beter kwaliteit as wat hy nog gesien het, gemaak van soliede eikehout, toegedraai in die beste leer. Sy hart klop vining as hy vorentoe tree, die bloed van sy neus afvee met die agterkant van sy hand, meer senuweeagtig as ooit tevore. Duidelik, het hy ‘n onmoonlike taak ontvang. Maar hy moet probeer.

Thor reik uit en vat ‘n spies, nie te lank of te kort nie. Hy weeg dit in sy hand—dit was swaar, gewigtig. Nie soos die tipe wat hy by sy tuiste gebruik het nie. Maar dit voel ook reg. Hy kry die gevoel da thy dalk net die merk sal behaal. Buitendien, spiesgooi was sy beste vaardigheid, buiten klipgooi, en baie dae in die woude het hom genoeg tyd gegee om teikens te vind. Hy kon altyd teikens raak wat sy broers nie kon raak skiet nie.

Thor sluit sy oë en haal diep asem. As hy mis, sal die wagte op hom wees en hy sal in die tronk beland---en sy kanse om by die Legioen aan te sluit sal vir ewig geruïneerd wees.

Hierdie oomblik hou alles in waaroor hy nog altyd droom.

Hy bid vir God met alles in hom.

Sonder aarseling, maak Thor sy oë oop, gee twee tree vorentoe, trek terug, en gooi die spies.

Hy hou sy asem op terwyl dit deur die lug vlieg.

Asseblief, God. Asseblief.

Die spies sny deur die dik, doodse stilte, en Thor kon die honderde oë op dit voel.

Dan na ‘n ewigheid, kom daar ‘n geluid, die onmiskenbare geluid van ‘n spies wat hooi tref. Thor het nie nodig gehad om te kyk nie. Hy het geweet, hy het net geweet, dat dit ‘n kolskoot was. Dit was hoe die spies gevoel het toe dit sy hand verlaat, die hoek van sy gewrig, wat hom laat weet het dat dit ‘n kolskoot sou wees.

Thor waag om te kyk---hy sien met groot verligting dat hy reg was. Die spies is in die middel van die rooi merk---die enigste spies daarin. Hy het reggekry wat die ander rekrute nie kon doen nie.

‘n Geskokte stilte vou hom toe, en hy voel hoe die ander rekrute---en ridders---hom aangaap.

Uiteindelik tree Kendrick na vore en klap Thor hard op die rug met sy handpalm, met satisfaksie. Hy glimlag breed.

“Ek was reg,” sê hy. “Jy sal bly!”

“Wat, my Heer!” skreeu die Koning se wag. “Dit is nie reg nie! Die seun het ongenooi opgedaag!”

“Hy het die kolskoot raak. Dit is uitnodiging genoeg vir my.”

“Hy is baie jonger en kleiner as die ander. Dit is nie ‘n dwergie kamp nie,” sê die generaal.

“Ek wil eerder ‘n kleiner soldaat hê wat kan raak skiet as’n reus wat misskiet,” antwoord die ridder.

“Dit was ‘n gelukskoot!” skreeu die groot seun met wie Thor baklei het. “As ons nog kanse kry sal ons ook raak gooi!”

Die ridder draai om en staar na die seun wat geskreeu het.

“Sal jy?” vra hy. “Sal jy dit sommer nou doen? Wil jy jou verblyf hier sommer nou op die spel plaas daarvoor?”

Die seun is verboureerd, sak sy kop in skaamte, duidelik nie bereid om dit te waag nie.

“Maar die seun is ‘n vreemdeling,” protesteer die generaal. “Ons weet nie eens waar hy vandaan kon nie.”

“Hy kom van die laaglande af,” kom ‘n stem.

Die ander draai om te sien wie gepraat het, maar nie Thor nie---hy het die stem herken. Dit was die stem wat hom sy kinderlewe deur gepla het. Die stem van sy oudste broer, Drake. Drake stap na vore met sy twee ander broers, en gluur af na Thor in sterk afkeuring.

“Sy naam is Thorgrin, van die McCleod afstammeling van die Suidelike Provinsie van die Oostelike Koninkryk. Hy is die jongste van vier. Ons kom vanuit dieselfde huishouding. Hy is ons pa se skaapwagter!

Die hele groep seuns en ridders bars uit in ‘n koor van lag. Thor voel sy gesig rooi word; hy wou sterf op daardie oomblik. Hy was nog nooit so skaam nie. Dit was tipies van sy broer, om sy oomblik van glorie van hom af weg te vat, om enigiets te doen om Thor te verneder.

“So hy pas skape op?” eggo die general.

“Dan sal ons vyande moet uitkyk vir hom!” gil ‘n ander seun.

Daar was nog ‘n koor van lag, en Thor se vernedering verdiep.

“Genoeg!” skreeu Kendrick streng.

Gelydelik word die gelag minder.

“Ek het eerder ‘n skaapwagter wat kan raakskiet, dan enigeen van julle spul---wat net goed genoeg is om te lag, en nie veel anders nie,” gaan Kendrick voort.

Met dit raak dit doodstil onder die seuns.

Thor was eindeloos dankbaar teenoor Kendrick. Hy lê ‘n gelofte af om hom eendag hiervoor te verged. Die man het hom in eer herstel.

“Weet jy nie, seun, dat dit nie ‘n vegter se manier is om stories aan te dra oor sy vriende nie—nog minder van sy eie familie, sy eie bloed?” vra die ridder vir Drake.

Drake kyk af, skaam, een van die min kere wat Thor hom ooit sprakeloos gesien het.

Nietemin tree ‘n ander van Thor se broers na vore, Dross, en protesteer: Maar Thor was nie verkies nie. Ons was. Hy volg ons net hierheen.”

“Ek volg julle nie,” dring Thor aan. “Ek is hier vir die Legioen. Nie vir julle nie.”

“Dit maak nie saak waarom hy hier is nie,” sê die general, geïriteerd, en tree na vore. “Hy mors ons almal se tyd. Ja, dit was ‘n goeie skoot met die spies, maar hy kan steeds nie by ons aansluit nie. Hy het nie ‘n ridder wat hom borg nie, en geen Edelman wat bereid is om hom as spanmaat te hê nie.

“Ek sal sy spanmaat wees,” roep ‘n stem uit.

Thor tol om, saam met die res. Hy was verbaas om ‘n paar meter van hom af, ‘n seun van sy ouderdom, wat nogal soos hy lyk, behalwe dat hy blonde hare en helder groen oë het te sien, wat die mooiste koninklike wapenrusting aanhet, sy maliekoker bedek met rooi en swart merkings---nog ‘n lid van die Koning se familie.

“Onmoontlik,” sê die generaal. “Die koninklike familie kan nie gewone mense as spanmaat hê nie.”

“Ek mag doen wat ek wil,” skiet die seun terug. “ En ek sê dat Thorgrin my spanmaat sal wees.”

“Selfs al laat ons dit toe,” sê die generaal, “dit maak nie saak nie. Hy het nie ‘n ridder wat hom borg nie.”

“Ek sal hom borg.” kom ‘n ander stem.

Almal draai in daardie rigting, en daar wel gedempte uitroepe op.

Thor draai om ‘n ridder op ‘n perd te sien sit, uitgevat in die mooistem glimmendste wapenrusting en alle tipes wapens op sy gorgel. Hy het absoluut geglinster---dit was asof jy na die son kyk. Thor kon aan sy manier agterkom, sy houding en aan die merkings van sy helm, dat hy anders was as die ander. Hy was ‘n kampioen.

Thor het die ridder herken. Hy het skilderye van hom gesien, en van sy legende gehoor. Erec.

Hy kno dit nie glo nie. Hy was die beste en grootste ridder in die Sirkel.

“Maar my Heer, u het alreeds ‘n Edelman.” protesteer die generaal.

“Dan sal ek twee hê,” antwoord Erec. in ‘n diep stem, vol selfvertroue.

‘n Verstomde stilte sak toe oor die groep.

“Dan is daar niks meer te sê nie,” sê Kendrick. “Thorgrin het ‘n borg en ‘n spanmaat. Die saak is opgelos. Hy is nou ‘n lid van die Legioen.”

“Maar julle het van my vergeet!” skreeu die koning se wag, en stap na vore. “Niks verskoon die feit dat hy ‘n lid van die Konings wag aangeval het nie, en dit beteken hy moet gestraf word. Geregtigheid moet geskied!”

“Geregtigheid sal geskied.” kom Kendrick se stem soos iets wat deur staal sal sny. “Maar dit sal gedoen word volgens my diskresie. Nie joune nie.”

“Maar my Heer, hy moet in die blokke gesit word! Daar moet ‘n voorbeeld van hom gemaak word!”

“As jy aanhou met jou praatjies, dan sal jy die een wees wat in die blokke gaan beland,” sê Kendrick terwyl hy die wag aangluur.

Uiteindelik gee die wag op, en teësinnig, draai hy om en loop weg, rooi in die gesig en ‘n gluurende blik na Thor.

“Dan is dit offisiël,” roep Kendrick uit in ‘n harde stem. “Welkom, Thorgrin, by die Koning’s Legioen!”

Die groep ridders en seuns gee ‘n jubelende roep en draai dan weg, terug na hulle opleiding. Thor voel lam van skok. Hy kon dit skaars glo. hy was nou ‘n lid van die Koning se Legioen. Dit was soos ‘n droom.

Thor draai na Kendrick, meer dankbaar as wat hy ooit kon sê. Hy het nog nooit enigiemand gehad wat vir hom omgee nie, iemand wat uit sy pad vir hom gaan nie, om hom te beskerm. Dit was ‘n snaakse gevoel. Hy voel alreeds nader aan die man as wat hy aan sy pa gevoel het.

“Ek weet nie hoe om u te bedank nie,” sê Thor. “Ek is diep in die skuld by u.”

Kendrick glimlag af na hom. “My naam is Kendrick. Jy sal dit nog goed leer ken. Ek is die koning se oudste seun. Ek bewonder jou moed. Jy sal ‘n goeie toevoeging wees by hierdie spulletjie.”

Kendrick draai om en haas weg, en toe kom die seun, Elden, die groot seun met wie hy die geveg gehad het, verby.

“Jy moet jou rug dophou,” sê die seun. “Ons slaap in dieselfde kaserne, weet jy. En moenie vir ‘n oomblik dink jy is veilig nie.”

Die seun draai om en strom weg voor Thor iets kon sê; hy het alreeds ’n vyand.

Hy was besig om te wonder wat vir hom voorlê hier, waneer die koning se jongste seun na hom haas.

“Moet jou nie aan hom steur nie,” sê hy vir Thor. Hy soek altyd skoor. Ek is Reece.”

“Dankie,”sê Thor, en steek sy hand uit, “dat jy my gekies het as spanmaat. Ek weet nie wat ek kon doen daar sonder nie.”

“Ek is gelukkig om enigiemand te kies wat teen daardie brutale seun opstaan,” sê Reece ingenome met homself. “Dit was ‘n goeie geveg.”

“Jy speel seker? vra Thor, vee droë bloed van sy gesig af en voel die swelling oor sy gesig vererger. “Hy het my doodgemaak.”

“Maar jy het nie opgegee nie,” sê Reece. Indrukwekkend. Enigeen van ons ander sou net bly lê het. En dit was ‘n hengse gooi wat jy met die spies gehad het. Hoe het jy geleer om so te gooi? Ons sal spanmaats wees vir altyd!” Hy kyk betekenisvol na Thor terwyl hy sy hand skud. “En vriende ook. Ek kan dit aanvoel.”

Terwyl Thor sy hand skud, kon hy nie anders as om te besef dat hy besig is om ‘n lewenslange vriend te maak nie.

Skielik word hy in die ribbes gepomp.

Hy draai om en sien ‘n ander ouer seun daar staan, met gepokmerkte vel en ‘n lang, skraal gesig.

“Ek is Feithgold. Erec se Edelman. Jy is nou sy tweede Edelman. Wat beteken jy antwoord aan my. En ons het ‘n toernooi in minute. Gaan jy net daar staan nadat jy Edelman gemaak is vir die mees beroemde ridder in die hele koninkryk? Volg my! Vinnig!”

Reece het alreeds weggedraai. Thor draai om en haas agter die Edelman aan terwyl hy oor die veld hardloop. Hy weet nie waarheen hulle gaan nie---maar hy het nie omgegee nie. Hy was jubelend binne hom.

Hy het dit gemaak.